Hosea 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sit die basuin na jou mond. Hy sal soos 'n arend teen die huis van die HERE kom, omdat hulle my verbond oortree en my wet oortree het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak alarm! Die vyand is soos ’n arend wat draai oor die huis van die Here. Hulle het my verbond verbreek en teen my voorskrifte in opstand gekom.
Afrikaans 1933/1953 Die basuin aan jou mond! Soos 'n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.
Afrikaans 1983 Maak alarm! Daar draai 'n roofvoël oor my huis! sê die Here. Israel het my verbond verbreek en hulle teen my wil verset.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Bring die •ramshoring na jou mond! Daar sirkel 'n arend bo die huis van die Here, omdat hulle my verbond oortree het, en teen my wet in opstand is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Julle moet die ramshoring blaas en die mense waarsku, want die vyande kom. Hulle is soos arende wat bokant die tempel vlieg en draai. Dit gebeur omdat die mense van Israel die verbond met My breek. Hulle wil nie luister na My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Stuur ’n noodsein uit! Die vyand duik soos valke op Israel af. Israel wou nie langer aan My behoort nie. Hulle wou nie langer doen wat Ek van hulle vra nie. Hulle het my ooreenkoms met hulle verbreek.