Hosea 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vreemdelinge het sy krag opgeëet, en hy weet dit nie; ja, hier en daar is grys hare op hom, maar hy weet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Vreemdes het sy kragte getap, maar hy kom dit nie eens agter nie. Hy het oud en swak geword, maar hy besef dit nie.
Afrikaans 1933/1953 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.
Afrikaans 1983 Vreemdes het sy krag verteer, maar hy besef dit nie! Hy het muf geraak soos ou brood, maar hy besef dit nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vreemdes het sy kragte verteer, maar hy besef dit nie. Hy het ook grys geword, maar hy besef dit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van ander lande regeer oor hulle en maak hulle swak, maar hulle weet dit nie. Hulle is soos brood wat oud en muf geword het, maar hulle weet dit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat hy nie eens ken nie, het sy geld gevat. Hy het dit nie eens agtergekom nie. Hy was nie eens bewus daarvan dat hy oud geword het nie.