Hosea 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Efraim, hy het hom onder die volk vermeng; Efraim is 'n koek wat nie gedraai is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Israel vermeng met die nasies en word net soos hulle. Efraim is soos ’n roosterkoek wat nie omgedraai is nie en halfgebak en waardeloos geword het!
Afrikaans 1933/1953 Efraim -- hy vermeng hom met die volke; Efraim is 'n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.
Afrikaans 1983 Efraim is tussen die nasies, maar hy word self geknie. Efraim het soos 'n askoek geword wat verbrand het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Efraim is onder die nasies, hy word self geknie. Efraim het geword soos 'n roosterkoek wat nie omgedraai is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense van Efraim lewe tussen ander volke, en die volke doen met die mense van Efraim wat hulle wil. Efraim beteken nou niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Efraim het met volke deurmekaargeraak wat nie in die Here glo nie. Hy het soos ’n ding geword wat net halfpad gaargemaak is en wat niemand kan eet nie.