Hosea 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het hul hart gereed gemaak soos 'n oond terwyl hulle loer; hulle bakker slaap die hele nag; in die môre brand dit soos 'n vlammende vuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle kom nader terwyl hulle harte smeul soos ’n oond. Dwarsdeur die nag smeul hulle sameswering en in die oggend vlam dit op. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, hulle het hul hart gemaak soos 'n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos 'n vuurvlam. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl die rebelle die koning gehuldig het, het die verraad in hulle gesmeul soos 'n oond, deur die nag was hulle drif sluimerend, teen die môre het dit opgevlam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle hulde betoon het, was hulle harte soos 'n oond, terwyl hulle 'n hinderlaag opstel. Die hele nag sluimer hulle drif; teen die môre vlam dit op soos 'n vuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle is soos die kole in 'n oond wat in die nag warm bly en in die oggend weer begin brand. Hulle wag vir die regte tyd om die koning dood te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Deur die nag beplan hulle om die koning dood te maak. Hulle is soos ’n oond wat wag om gebruik te word. In die oggend vat dit vlam. |