Hosea 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die dag van ons koning het die vorste hom siek gemaak met bottels wyn; hy het sy hand uitgesteek met spotters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tydens die fees van die koning het hulle die leiers dronk gemaak met wyn. Die koning kuier saam met spotters. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters. |
| Afrikaans 1983 | by die fees van die vorige koning het hulle sy amptenare papdronk gemaak en was sy raadgewers onder die invloed van drank. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die dag van ons koning het hulle die leiers bedwelm met die gloed van wyn; dit het die raadgewers in sy mag meegevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle koning het feesgevier, en toe het hulle sy amptenare baie dronk gemaak. Die mense wat vir die koning moes help, het gesit en lag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By die koning se partytjie maak hulle sy leiers dronk met wyn. Die koning stel ’n heildronk in op die mense wat met hom spot. |