Hosea 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle is almal egbrekers, soos 'n oond wat deur die bakker verhit word, wat ophou rys nadat hy die deeg geknie het, totdat dit gesuur is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is almal egbrekers, soos ’n gloeiende oond wat aanhou smeul nadat die bakker opgehou het om dit te stook. Hy doen dit sodat hy die deeg kan knie, en wag dan dat dit moet rys.
Afrikaans 1933/1953 Hulle is almal owerspelers; hulle is soos 'n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.
Afrikaans 1983 hulle is die een so onbetroubaar soos die ander. Hulle is soos 'n oond wat aanhou smeul wanneer die bakker ophou stook terwyl hy die deeg knie en daarna wag dat dit moet rys:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hulle is almal ontroues. Dit is soos 'n oond wat bly smeul, soos wanneer die bakker ophou vuurmaak, vandat die deeg geknie is totdat dit uitgerys het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal pleeg egbreuk. Hulle is warm soos 'n oond wat warm bly wanneer die bakker nie meer vuurmaak nie en wag dat die brood eers moet reg word om te bak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen is hulle almal onderduimse rugstekers. Hulle staan net hulle kans en afwag. Dit is soos ’n warm oond wat staan en wag terwyl die bakker besig is om die deeg te knie om te kan rys.