Hosea 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle dink nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; hulle is voor my aangesig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle besef nie dat Ek bewus is van al hulle bose dade nie. Nou het hulle dade hulle ingehaal en Ek sien dit alles!
Afrikaans 1933/1953 En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.
Afrikaans 1983 Hulle dink nie eens daaraan dat Ek al hulle sonde ken nie. Nou het hulle optrede hulle ingehaal, dit lê oop en bloot voor My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle dink nie eers daaraan dat Ek al hulle boosheid in gedagte hou nie. Nou het hulle dade hulle ingehaal; dit lê oop en bloot voor My.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle dink Ek weet nie hoe sleg hulle is nie, maar Ek weet alles wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle dink nie eers daaraan dat Ek alles onthou wat hulle verkeerd gedoen het nie. Ek onthou al hulle oortredings wanneer hulle voor My staan.”