Hosea 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle keer terug, maar nie na die Allerhoogste nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal deur die swaard val vanweë die woede van hulle tong; dit sal hulle bespotting wees in Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle soek hulp, maar nie by die Allerhoogste nie. Hulle is soos ’n slap boog. Hulle leiers sal deur die swaard doodgemaak word weens hulle astrante woorde teenoor My. Dan sal Egipte vir hulle lag.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.
Afrikaans 1983 en hulp gesoek by wat nie kon help nie. Hulle het so nutteloos geword soos 'n slap boog. Hulle leiers sal met die swaard afgemaai word, hulle sal die slagoffers word van die vervloeking wat hulle oor hulleself uitgespreek het as hulle aan my verbond ongehoorsaam sou wees. En Egipte sal daaroor lag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle keer terug na wat nutteloos is; hulle het soos 'n slap boog geword. Hulle leiers sal deur die swaard val oor die vervloeking wat hulle uitgespreek het. Dit sal hulle bespotting wees in Egipteland.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle gaan na gode toe wat nie kan help nie. Hulle is soos 'n boog wat breek wanneer jy 'n pyl wil skiet. Hulle amptenare sal sterf in oorlog, want hulle het hulleself vervloek. Die Egiptenaars sal vir hulle lag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het na mense gesoek wat hulle kan help. Hulle kon nie sulke mense in die hande kry nie. Hulle het geword soos ’n slap boog wat nie meer kan skiet nie. Hulle leiers gaan in die oorlog dood van die vervloekings wat hulle oor hulleself uitgespreek het. In Egipte spot die mense met hulle.”