Hosea 7:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; Ek sal hulle afbring soos die voëls van die hemel; Ek sal hulle tugtig soos hulle vergadering gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle daarheen vlieg, sal Ek my vangnet oor hulle gooi en hulle neertrek soos voëls in die lug. Ek sal hulle straf wanneer hulle in swerms bymekaarkom.
Afrikaans 1933/1953 Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.
Afrikaans 1983 Maar elke keer as hulle daarheen gaan, sal Ek my vangnet oor hulle gooi; Ek sal hulle soos voëls neertrek, Ek sal hulle vastrek sodra Ek die gedruis van die swerm hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle vlieg, sprei Ek my vangnet oor hulle uit. Soos voëls van die hemel sal Ek hulle neertrek. Ek sal hulle vang soos iemand wat vir die swerm luister.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle vang soos 'n mens voëls vang. Ek sal 'n vangnet oor hulle gooi en hulle vang wanneer hulle opvlieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle probeer oorvlieg na hierdie lande toe, lê Ek hulle voor. Ek gooi my vangnet oor hulle uit. Ek bring hulle af grond toe soos wanneer ’n mens ’n swerm voëls hoor kom en hulle met ’n net vang en almal aftrek uit die lug.