Hosea 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die trotsheid van Israel getuig in sy aangesig, en hulle bekeer hulle nie tot die HERE hulle God nie en soek Hom nie oor dit alles nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel se verwaandheid getuig teen hom, tog draai hy nie om, terug na die Here sy God toe nie. Hy probeer nie eens om Hom te soek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie. |
| Afrikaans 1983 | Israel se hoogmoed getuig teen hom. Hulle het nie teruggekeer na My, die Here hulle God, nie en het te midde van dit alles nie na my wil gevra nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Israel se hoogmoed getuig teen hom, maar hulle keer nie terug na die Here hulle God nie; te midde van dit alles soek hulle Hom nie op nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Israel het gedink hulle is belangrik, maar hulle is nie meer belangrik nie. Hulle het nie teruggekom na hulle God die Here nie. Dit het sleg gegaan met hulle, maar hulle het nie vir die Here gevra wat hulle moet doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand hou van Israel wat so verwaand is nie. Hy is te hoogmoedig om terug te kom na die Here sy God. Na alles wat met hom gebeur het, is hy steeds te trots om die Here te kom vra om hom te help. |