Hosea 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Ek Israel wou genees, dan is die ongeregtigheid van Efraim ontdek en die boosheid van Samaría; want hulle pleeg leuens; en die dief kom in, en die bende rowers buit buitekant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek wou die voorspoed van my volk herstel. Ek wou Israel genees, maar sy sonde en die oortreding van Samaria kom aan die lig. Hulle lieg vir mekaar, diewe breek in en bendes roof op straat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samar¡a; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en 'n rowerbende plunder op die straat. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Ek die lot van my volk wil verander, terwyl Ek bereid is om Israel te herstel, kom die oortreding van Efraim en die sonde van Samaria aan die lig. Hulle belieg mekaar, hulle breek in en steel, hulle beroof mekaar op straat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | terwyl Ek Israel genees, kom die sondeskuld van Efraim en die booshede van Samaria aan die lig. Ja, hulle het vals opgetree: Diewe breek in, en op straat plunder rowerbendes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wou Israel gesond maak. Maar toe sien Ek dat die mense van Efraim baie sonde doen, Ek sien ook hoe sleg is die mense van Samaria. Hulle lieg en steel, hulle steel mekaar se goed in die strate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die oomblik wanneer Ek Israel weer gesond wil maak, word dit duidelik wat Efraim verkeerd gedoen het. Dit word duidelik wat daar in Samaria gebeur. Hulle bedrieg mekaar. Die dief breek in om te steel. Hulle beroof mekaar op straat. |