Hosea 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En soos die menigte van rowers op 'n man wag, so moor die menigte van priesters met toestemming op die pad, want hulle pleeg skande.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos ’n rowerbende wat in ’n hinderlaag lê en wag vir slagoffers, so vermoor priesterbendes die reisigers op die pad na Sigem. Hulle begaan allerlei booshede.
Afrikaans 1933/1953 En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.
Afrikaans 1983 Die klomp priesters is niks anders as 'n rowerbende nie: hulle pleeg moord op die Sigempad, hulle tree soos skurke op.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos struikrowers wat iemand voorlê, is die priesterbende – op die pad na Sigem pleeg hulle moord; ja, hulle tree skandelik op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die klomp priesters het soos diewe gelê en wag langs die pad na die stad Sigem en hulle het mense vermoor. Hulle het verkeerde dinge gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mans wat daar offers bring, is soos rowers wat mense langs die pad Sigem toe voorlê om hulle dood te maak. Hulle het gruwelike dinge gedoen.