Hosea 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Ek hulle deur die profete gekap; Ek het hulle gedood deur die woorde van my mond, en u oordele is soos die lig wat uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het my profete gestuur om julle in stukke te kap. Ek het julle met my woorde getref, gedreig met die dood. My oordeel sal julle tref so seker as die dag breek.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.
Afrikaans 1983 Dít is waarom Ek julle met my profete gestriem het, julle met my woorde vernietig het. My straf oor julle kom so seker soos die lig,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom het Ek hulle neergevel deur die profete, hulle omgebring met die woorde van my mond. My oordele verskyn soos die lig;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoekom Ek die profete gestuur het om hard te praat met julle en vir julle te sê dat julle sal sterf. Ek wou julle straf, so seker soos die son elke dag opkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis hoekom Ek julle stukkend getrap het met die woorde van my boodskappers. Dit is hoekom Ek julle met my woorde uitmekaargeskeur het. My besluit oor julle is so helder soos daglig: