Hosea 6:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O Efraim, wat moet ek met jou doen? O Juda, wat moet ek met jou doen? want jou goedheid is soos 'n môrewolk, en soos die vroeë dou gaan dit weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “O Israel en Juda, wat moet Ek met julle doen?” vra die Here. “Want julle liefde is soos ’n môrewolkie wat gou verdwyn, soos dou wat wegraak voor die son. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môre wolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn. |
| Afrikaans 1983 | Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle liefde is soos 'n môrewolkie: dit verdwyn so vinnig soos dou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle trou is soos 'n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here sê ook: “Wat moet Ek met julle doen, mense van Israel en Juda? Julle liefde is soos 'n wolk of soos dou. Dit is vroeg in die oggend daar, maar dit verdwyn gou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sê: ‘Wat op aarde moet Ek met jou aanvang, Efraim? Wat moet Ek met julle maak, Juda? Julle bly net so lank getrou aan My soos mis wat voor die son verdwyn. Dit hou net so lank soos dou wat vroeg in die oggend al verdwyn. |