Hosea 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal ons weet as ons agtervolg om die HERE te ken: sy uitgang is gereed soos die môre; en hy sal na ons toe kom soos die reën, soos die laat en vorige reën op die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom, laat ons die Here ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En laat ons ken -- laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. |
| Afrikaans 1983 | Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy. Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreën, Hy sal ons verkwik soos lentereëns die grond verkwik.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons Hom ken, laat ons daarna streef om die Here te ken. So seker soos dagbreek is sy verskyning; Hy sal soos reën na ons toe kom, soos lentereën wat die grond deurnat maak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil naby die Here wees, ons is haastig om naby Hom te wees. Hy sal na ons toe kom, dit is seker, so seker soos dit lig word in die oggend. Hy sal kom, soos die reën wat in die lente val en die grond natmaak.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom ons maak ons vas aan die Here. Ons span ons in om Hom beter te leer ken. So seker soos dit lig word in die oggend; so seker soos daar reën in die lente kom en die aarde natmaak, net so seker sal die Here na ons toe kom om ons te red.” |