Hosea 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook, o Juda, het Hy vir jou 'n oes bepaal toe Ek die lot van my volk teruggekeer het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Juda, ’n tyd van afrekening wag ook vir jou.”
Afrikaans 1933/1953 Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.
Afrikaans 1983 Ook vir jóú, Juda, lê die tyd van afrekening voor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook Juda – Hy het vir jou 'n oes bestem. “Terwyl Ek die lot van my volk verander,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Wanneer Ek dit weer goed laat gaan met my volk, dan sal Ek dit ook doen vir die mense van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ook vir jou, Juda, wag daar ’n dag dat Ek met jou gaan afreken. Ek gaan kom en alles by my volk verander.”