Hosea 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kom, laat ons ons tot die HERE bekeer, want Hy het verskeur, en Hy sal ons genees; Hy het geslaan, en Hy sal ons verbind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. |
| Afrikaans 1983 | “Kom ons gaan terug na die Here, want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hý het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Kom ons keer terug na die Here – want Hy is die Een wat ons verskeur het, maar Hy sal ons gesond maak; Hy het ons geslaan, maar Hy sal ons wonde verbind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Die mense van Israel en Juda sal sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Dit is Hý wat ons stukkend geskeur het, maar Hy sal ons weer gesond maak. Dit is Hy wat ons geslaan het, maar Hy sal ons seerplekke toedraai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die volk sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Hy het ons nou wel uitmekaargeskeur, maar Hy kan ons weer gesond maak. Hy het ons stukkend geslaan, maar Hy sal ons wonde verpleeg. |