Hosea 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Blaas die kornet in Gíbea en die basuin in Rama; roep hardop by Bet-Aven, agter jou aan, o Benjamin!
Afrikaans (NLV) 2011 “Blaas die ramshoring in Gibea, die trompet in Rama! Maak alarm in Bet-Awen! Benjamin is agter jou aan!
Afrikaans 1933/1953 Blaas die basuin in G¡bea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu in Bet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!
Afrikaans 1983 Blaas die ramshoring in Gibea, die trompet in Rama! Maak alarm in Bet-Awen! Benjamin is agter jóú aan, Efraim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Blaas die •ramshoring in Gibea, die trompet in Rama; hef die krygsgeskreeu aan in Bet-Awen! Agter jou is Benjamin!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Julle moet die mense waarsku. Julle moet die ramshoring en die trompet blaas in die stede, in Gibea, Rama en die sondestad Bet-El. Die vyande kom, hulle is al naby die land Benjamin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Blaas op die trompet in Gibea! Roep almal op om te kom oorlog maak. Blaas op die trompet in Rama! Gee die teken vir die oorlog. Gee die oorlogskreet in Bet-Awen! Benjamin, kyk wat Efraim agter jou rug beplan!