Hosea 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het troueloos teen die HERE gehandel, want hulle het vreemde kinders verwek; nou sal 'n maand hulle met hulle deel opeet.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was ontrou aan die Here deur kinders te verwek wat nie Syne is nie. Nou sal hulle elke maand saam met hulle landerye verslind word.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het troueloos gehandel teen die HERE, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.
Afrikaans 1983 Hulle was ontrou aan die Here, want hulle het buite-egtelike kinders verwek. Hy gaan hulle binnekort vernietig. Binne 'n maand gaan Hy hulle gesaaides verwoes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teenoor die Here was hulle ontrou, want hulle het buite-egtelike kinders verwek. Nou gaan Hy hulle met nuwemaan verteer, saam met hulle landerye.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle was ontrou aan die Here, want hulle het by die tempel-prostitute geslaap en kinders gekry. So het hulle die Nuwemaan-fees gevier, en daarom sal hulle sterf en sal die vyande hulle land vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die Here se Naam sleggemaak. Hulle is soos ’n vrou wat nie getrou bly aan haar man nie. Sy maak skande. Sy het kinders by ’n ander man. Omdat hulle vir die afgode offers bring, gaan Ek binne ’n maand hulle landerye vernietig.”