Hosea 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal gaan met hulle kleinvee en met hulle beeste om die HERE te soek; maar hulle sal hom nie vind nie; hy het hom van hulle onttrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal hulle uiteindelik met hulle kleinvee en grootvee kom om dit aan die Here te offer. Maar dit sal te laat wees! Hulle sal Hom nie kry nie, want Hy het Hom aan hulle onttrek. Hulle is nou alleen.
Afrikaans 1933/1953 Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om die HERE te soek, maar Hom nie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.
Afrikaans 1983 Met offers van kleinvee en beeste sal hulle na die wil van die Here kom vra, maar hulle sal nie antwoord kry nie, omdat Hy Hom aan hulle onttrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met hulle kleinvee en beeste gaan hulle om die Here te soek, maar hulle sal Hom nie vind nie – Hy het Hom aan hulle onttrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal skape en bokke en beeste bring om te offer en hulle sal vir die Here vra wat hulle moet doen. Maar die Here sal hulle nie antwoord nie, want Hy het hulle gelos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer hulle met vee en beeste gaan om vir die Here te offer, sal dit te laat wees. Hulle sal Hom nie meer in die hande kry nie. Hy het alreeds weggegaan.