Hosea 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal hulle handelinge nie opstel om hulle tot hulle God te bekeer nie, want die gees van hoererye is in hulle midde, en hulle het die HERE nie geken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle optrede verhinder julle om terug te kom na julle God toe. ’n Gees van ontug is in julle midde soos met ’n prostituut. Daarom ken julle nie die Here nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is 'n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie.
Afrikaans 1983 Hulle dade maak dit vir hulle onmoontlik om na hulle God toe terug te keer, want 'n hoergees het by hulle posgevat en hulle is nie meer aan die Here toegewy nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle dade laat hulle nie toe om na hulle God terug te keer nie, want 'n gees van hoerery heers in hulle midde, en hulle ken die Here nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hulle het te veel verkeerde dinge gedoen, hulle kan nie terugkom na hulle God toe nie. Hulle wil graag ander gode dien, hulle wil nie naby die Here wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat hulle doen, is so afgryslik dat hulle nooit weer na hulle God toe kan teruggaan nie. Hulle is so besig om afgode met offers te dien dat hulle nie langer aan die Here kan behoort nie.