Hosea 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek ken Efraim, en Israel is nie vir My verborge nie; want nou, o Efraim, hoereer jy, en Israel is verontreinig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek ken jou, Efraim! Israel kan nie vir My wegkruip nie! Jy het my verlaat soos ’n prostituut haar man los. Jy is onrein. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig. |
| Afrikaans 1983 | Ek ken Efraim en Ek weet wat in Israel aangaan. Omdat jy jou nou aan hoerery oorgegee het, Efraim, is Israel verontreinig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek ken Efraim en Israel is vir my nie verborge nie; ja, nou het jy gehoereer, Efraim, Israel het homself verontreinig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here weet wat die mense van Israel gedoen het: Hulle was ontrou, en hulle het hulleself onrein gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet presies wat in Efraim aan die gang is. Julle kan niks in Israel vir My wegsteek nie. Efraim, jy het My mos verlaat om agter afgode aan te draf. Israel, jy het onaanvaarbaar vir My geword. |