Hosea 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal vir Efraim wees soos 'n leeu en soos 'n jong leeu vir die huis van Juda; Ek sal ook verskeur en weggaan; Ek sal wegneem, en niemand sal hom red nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is soos ’n leeu wat Israel en Juda uitmekaarskeur. Ek sal hulle wegdra, en daar sal niemand wees wat hulle kan red nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek is soos 'n leeu vir Efraim, en soos 'n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red. |
| Afrikaans 1983 | Ek is soos 'n leeu teenoor Efraim, soos 'n roofdier teenoor Juda. Dit is Ek wat verskeur en my koers gaan, wat wegdra sonder dat iemand dit kan keer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Ek is soos 'n leeu teenoor Efraim, soos 'n jong leeu teenoor die huis van Juda. Ek, ja Ek, verskeur en stap weg, Ek dra weg terwyl niemand kan red nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is Ék wat die mense van Efraim en Juda stukkend geskeur het soos 'n leeu mense doodbyt en wegsleep, en daar was niemand wat hulle kon help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal soos ’n leeu vir Efraim verskeur. Ek sal soos ’n jong leeu vir Juda uitmekaarskeur. Ek sal my prooi wegsleep. Niemand sal hulle uit my bek kan red nie. |