Hosea 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Efraim sy siekte sien en Juda sy wond sien, het Efraim na die Assiriër gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hy kon jou nie genees en jou nie van jou wond genees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Israel besef hy is siek en Juda sy sweer sien, het Israel hulp gaan soek by Assirië. Hy het iemand na die groot koning gestuur. Maar hy kan julle nie gesond maak of die sweer genees nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe Efraim sy krankheid sien en Juda sy sweer, het Efraim na Assur gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hy kan julle nie genees en julle van die sweer nie gesond maak nie.
Afrikaans 1983 Toe Efraim agterkom dat hy siek is en Juda dat hy 'n sweer het, het Efraim gaan hulp soek by Assirië en 'n afvaardiging gestuur na koning Jareb toe. Maar hý kon julle nie gesond maak of die sweer uitsny nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Efraim sy siekte bemerk en Juda sy sweer, het Efraim na Assirië gegaan, 'n afvaardiging na koning Jareb gestuur. Maar hy kan julle nie gesond maak nie, hy kan julle van die sweer nie genees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle sien hulle is siek, het die mense van Efraim vir Jareb, die koning van Assirië, gevra om hulle te help. Maar hy kon hulle nie help en gesond maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer Efraim sien hoe siek hy is en Juda na sy sweer kyk, sal Efraim hulp gaan soek by die groot koning van Assirië. Daardie koning sal niks daaraan kan doen nie. Hy kan nie die sweer weer gesond maak nie.