Hosea 5:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor dit, o priesters! en luister, o huis van Israel! en luister, o huis van die koning! want die oordeel kom teen julle, omdat julle 'n strik was in Mispa en 'n net uitgesprei op Tabor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister hier, julle priesters! Gee aandag, leiers van Israel! Hoor hier, lede van die koningshuis! Hierdie oordeel is oor julle: Julle is gedoem! Want julle het in Mispa ’n strik gestel en in Tabor ’n vangnet gespan waardeur die volk tot afgodery verlei is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa 'n vangnet geword het en 'n uitgespreide net op Tabor. |
| Afrikaans 1983 | Luister hierna, priesters! Let op, leiers van Israel, gee aandag, koningshuis! Hierdie oordeelswoord is vir julle bedoel. Julle is die wip in Mispa, die oopgespreide vangnet op Tabor, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Luister hierna, priesters; gee ag, huis van Israel; en koningshuis, gee aandag, want die oordeel is vir julle bedoel: Ja, julle het 'n wip geword vir Mispa, 'n oopgespreide vangnet op Tabor, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Die priesters, die leiers van Israel, en die koning en sy familie moet almal luister. Hulle moet hoor hoekom die Here hulle wil straf. Hulle het die mense sonde laat doen op baie plekke: in die stad Mispa, op Tabor-berg, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die priesters moet nou mooi luister. Israeliete, gee ’n bietjie aandag. Die koning en sy gesin moet hulle ore spits. Die Here daag julle almal voor die hof. Hy kla julle daarvan aan dat julle soos ’n strik geword het vir die volk. Die dinge wat julle by Mispa laat gebeur, is vir die volk ’n lokval. Wat julle op Tabor doen, is soos ’n vangnet wat gespan is. |