Hosea 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En soos mense sal daar wees soos priesters, en Ek sal hulle besoeking doen oor hulle weë en hulle vergelde vir hulle handelinge.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos dit met die priesters gaan, so sal dit ook met die mense gaan: omdat die priesters sondig, sondig die mense ook. Daarom sal Ek sowel priesters as mense vergeld vir hulle bose dade.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk -- Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.
Afrikaans 1983 Maar dit sal met die priesters gaan soos dit nou met die volk gaan. Ek sal die priesters straf vir hulle optrede. Wat hulle probeer doen, sal Ek in die teendeel verander:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal met die priesters gaan soos met die volk: Ek gaan van hulle rekenskap eis oor hulle optrede, hulle vergeld vir hulle dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit sal met die priesters gaan soos met die volk. Ek sal elkeen straf wat verkeerde dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mans wat die offers bring, is maar net soos die volk. Hulle doen maar net soveel sonde. Ek sal hulle straf vir wat hulle doen. Hulle oortredings gaan op hulle eie kop terugkom.