Hosea 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle eet die sonde van my volk op, en hulle het hulle hart op hulle ongeregtigheid gerig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die priesters verryk hulleself wanneer die mense hulle sonde-offers na hulle toe bring. Daarom is die priesters bly wanneer die mense sondig!
Afrikaans 1933/1953 Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na die se ongeregtigheid verlang hulle siel.
Afrikaans 1983 Hulle teer op die sonde van my volk. Hulle smag daarna dat die volk nog meer moet sondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die sonde van my volk teer hulle, na hulle sondeskuld hunker hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Priesters, julle is bly wanneer my volk baie sonde doen, want dan bring die mense baie sonde-offers, en dan kan julle daarvan eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die mans wat die offers bring, kry voordeel uit die offers wat my volk bring om vir hulle sonde te betaal. Hulle wens selfs dat die volk nog meer verkeerde dinge moet doen. Hoe meer sonde die volk doen, hoe meer moet hulle offers vir die Here bring. Omdat die priesters ’n deel van die offer kry om te eet, beteken meer offers vir hulle meer kos.