Hosea 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos hulle vermeerder het, so het hulle teen My gesondig; daarom sal Ek hulle eer in skande verander.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe meer priesters daar is, hoe meer sondig hulle teen My. Ek sal hulle aansien in skande verander.
Afrikaans 1933/1953 Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.
Afrikaans 1983 Hoe meer priesters daar is, hoe meer sondig hulle teen My. Ek sal die aansien wat hulle geniet, in vernedering verander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Hoe meer hulle geword het, hoe meer het hulle teen My gesondig. Hulle aansien sal Ek in skande verander.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die priesters het baie geword, en hulle doen baie sonde teen My. Hulle dink hulle is baie belangrik, maar Ek sal hulle verneder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou nageslag het al meer geword. Daar het al meer mense gekom wat vir God moet werk. Maar soos hulle al meer geword het, het die mense wat nie na My wil luister nie, ook al meer geword. Mense het gedink dat julle belangrik is. Ek gaan dit verander. Hulle gaan in die toekoms niks van julle dink nie.