Hosea 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal jy bedags val, en ook die profeet sal in die nag saam met jou val, en Ek sal jou moeder vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal jy helder oordag struikel, en die profeet saam met jou in die nag. Boonop sal Ek jou ma vernietig, o Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Jy gaan vandag nog tot 'n val kom en die profeet gaan vannag nog saam met jou tot 'n val kom en Ek gaan selfs jou moeder om die lewe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy gaan vandag struikel; ook profete sal vannag saam met jou struikel, en Ek gaan jou moeder laat omkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal vandag sterf, en die profeet sal saam met jou sterf. Ek sal jou ma ook doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy maak foute in die dag. Hy en die man wat God se boodskap bring, maak verkeerde besluite in die nag. Ek sal sy familie saam met hom laat doodgaan. |