Hosea 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal die land treur, en elkeen wat daarin woon, sal kwyn, saam met die diere van die veld en met die voëls van die hemel; ja, ook die visse van die see sal weggeneem word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis waarom die hele land verskrompel en kwyn van dors saam met al die inwoners, wilde diere en voëls. Selfs die visse beswyk.
Afrikaans 1933/1953 Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.
Afrikaans 1983 Dit is waarom die land verdor en al die inwoners van dors versmag saam met die wilde diere en die voëls, en waarom selfs die visse vrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom verdor die land, en kwyn almal weg wat daarin woon saam met die diere van die veld en die voëls van die hemel. Selfs die visse in die waters word bymekaargemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is dit so droog in die land. Almal wat in die land woon, kry swaar. Die diere en die voëls vrek, ook die visse in die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het droogte in die land gebring. Almal in die land gaan dood van die dors. Die wilde diere in die veld, die voëls in die lug en selfs die visse in die see gaan almal dood.”