Hosea 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Israel het teruggeval soos 'n afwykende vers; nou sal die HERE hulle laat wei soos 'n lam op 'n groot plek.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel is so hardnekkig soos ’n koppige koei. Moet die Here hulle dan onbeskermd laat wei soos ’n lam in die veld?
Afrikaans 1933/1953 Want Israel is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal die HERE hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld.
Afrikaans 1983 Israel is so koppig soos 'n moedswillige koei. Moet die Here hulle dan nou versorg soos 'n herder sy skape in die veld versorg?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, Israel is so weerbarstig soos 'n weerbarstige koei. Sal die Here hulle nou laat wei soos 'n lam in die oopte?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die mense van Israel is net so hardkoppig soos koeie wat nie wil luister na hulle eienaars nie. Hulle wil nie luister na die Here nie. Daarom sal die Here hulle nie oppas soos 'n mens skape in die veld oppas nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel is so koppig soos ’n bees wat viervoet vassteek. Hy weier om te kom. Die Here sal hom sommer in die oop veld los. Hy sal losloop soos ’n jong ram wat elke keer losbreek.