Hosea 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al hoereer jy, Israel, laat Juda tog nie aanstoot gee nie; en kom nie na Gilgal nie, en trek nie op na Bet-Aven nie, en sweer nie: So waar as die HERE leef!
Afrikaans (NLV) 2011 “As Israel soos ’n prostituut is, mag Juda nie ook skuldig word nie! O Juda, moenie die heiligdomme by Gilgal en Bet-Awen besoek om daar te aanbid nie. Moenie daar in die Naam van die Here ’n eed neem nie.
Afrikaans 1933/1953 As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die HERE leef!
Afrikaans 1983 As jy hoereer, Israel, moet Juda dit nie ook doen nie. Juda, julle moenie die heiligdom by Gilgal besoek en na Bet-Awen toe gaan nie, en julle moenie daar 'n eed aflê in die Naam van die Here nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As jy hoereer, Israel, moet Juda tog nie skuldig word nie. Julle moenie na Gilgal gaan nie, en moenie optrek na Bet-Awen nie. Moenie sweer, ‘so waar as die Here leef’ nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mense van Israel, julle wil graag ontrou wees. Maar julle moenie die mense van Juda verkeerd lei sodat hulle ook ontrou word nie. Julle moenie in die stad Gilgal of in die sondestad Bet-El gaan offer nie. Julle moenie sê: ‘So seker soos die Here lewe’ wanneer julle dinge belowe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Israel, as jy van die Here af wegdwaal, moet jy nie Juda saamsleep dat hy ook skuldig word nie. Juda, jy moenie agter Israel aanloop na Gilgal en Bet-Awen toe waar hulle hulle offers bring nie. Jy moenie ook daar beloftes gaan maak vir die Here nie.