Hosea 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal jou dogters nie besoek as hulle hoereer nie, en jou huweliksmaats as hulle owerspel pleeg nie; want hulle word geskei met hoere en hulle offer saam met hoere; daarom sal die volk wat nie verstaan nie, val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal Ek nie julle dogters straf omdat hulle prostitute is en julle skoondogters omdat hulle egbreuk pleeg nie? Sekerlik sal Ek dit doen, want julle mans doen dieselfde deur met tempelprostitute te sondig. O dwase mense! So bewerk mense sonder verstand hulle eie ondergang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot 'n val. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan nie julle dogters straf omdat hulle hoereer nie en julle skoondogters omdat hulle egbreuk pleeg nie, want daardie priesters is besig om met die hoere af te paar en saam met die tempelprostitute te offer! Maar dié wat nie op my waarskuwing ag slaan nie, sal vernietig word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal nie julle dogters tot verantwoording roep omdat hulle hoereer, of julle skoondogters omdat hulle egbreuk pleeg nie, want die priesters gaan eenkant toe met prostitute, en saam met tempelprostitute slag hulle offers. 'n Volk wat nie begrip toon nie, gaan ten gronde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar Ek sal hulle nie straf nie, want hulle mans slaap by die tempel-prostitute en hulle offer saam met die tempel-prostitute. 'n Volk wat nie sy verstand gebruik nie, sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal nie julle dogters en skoondogters straf vir wat hulle doen nie, want hulle volg maar net die priesters se slegte voorbeeld. Die mans wat die offers bring, gaan slaap by die vroue wat saam met hulle werk. Hulle bring saam met die vroue offers vir die afgode. ’n Volk wat nie meer mooi dink wat hy doen nie, het homself verraai. |