Hosea 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle offer op die toppe van die berge en laat reukwerk op die heuwels laat opgaan, onder eikebome en populiere en elms, want die skaduwee daarvan is goed; daarom sal julle dogters hoereer en julle huweliksmaats owerspel pleeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle bring offers aan die afgode op die bergtoppe. Hulle bring wierookoffers op die heuwels en offer in die koel skadu van eike, populiere en ander groen bome. “Dis waarom julle dogters prostitute geword het, en julle skoondogters egbreuk pleeg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel. |
| Afrikaans 1983 | bring hulle offers op die bergtoppe en offer hulle op die heuwels onder al die groot groen bome waar daar lekker skaduwee is. Dit is waarom julle dogters hoereer en julle skoondogters egbreuk pleeg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die bergtoppe slag hulle en op die heuwels offer hulle, onder eikebome, storaksbome en terebintbome, omdat daar goeie skaduwee is. Daarom hoereer julle dogters, en pleeg julle skoondogters egbreuk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My volk offer op die berge en op die heuwels, hulle offer onder die groot bome, want die bome het baie skaduwee. Daarom slaap julle dogters en skoondogters by ander mans. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle bring offers bo-op die berge. Hulle verbrand hulle offers op die heuwels onder die digte skaduwee van al die groen bome. Julle dogters het prostitute geword wat by die offerplekke werk. Julle skoondogters het agter vreemde mans begin aanloop. |