Hosea 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My volk vra raad by hulle voorraad, en hulle staf vertel hulle, want die gees van hoererye het hulle laat dwaal, en hulle het onder hulle God gehoereer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle vra ’n stuk hout om raad! Hulle dink ’n stok kan hulle adviseer! ’n Gees van losbandigheid, ’n hunkering na die afgode het hulle dwaas gemaak. Hulle het soos prostitute opgetree deur ander gode te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want 'n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword. |
| Afrikaans 1983 | soek my volk leiding by 'n stuk hout, verwag my volk dat 'n stok dinge aan hom bekend sal maak. Omdat 'n hoergees die priesters beetgepak het en hulle aan hulle God ontrou geword het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | doen my volk navraag by 'n stuk hout; sy wandelstok moet vir hom inligting gee. Omdat 'n gees van hoerery hulle laat dwaal, hoereer hulle weg van hulle God af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My volk het ook lief geword vir wyn. Daarom vra hulle vir 'n stuk hout wat hulle moet doen. Hulle dink hulle kieries sal vir hulle sê wat hulle wil weet. Hulle doen dit omdat hulle graag ander gode wil dien, hulle is ontrou aan die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “My volk verwag dat die stuk hout waarvan hulle ’n afgod gemaak het, vir hulle sal sê wat hulle moet doen. Hulle verwag dat ’n stok vir hulle die waarheid sal vertel. Hulle het losbandig geword. Hulle het soos ’n vrou geword wat agter mans aanloop. Hulle het die Here heeltemal vergeet. |