Hosea 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle sal eet en nie genoeg hê nie; hulle sal hoereer en nie vermeerder nie, omdat hulle opgehou het om op die HERE te ag.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal eet, maar nog honger bly. Hulle sal egbreuk pleeg, maar geen kinders hê nie omdat hulle die Here verlaat het om ander gode te dien.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die HERE te vereer.
Afrikaans 1983 as hulle offervleis eet, sal hulle honger bly, en as hulle aan tempelprostitusie deelneem, sal hulle nie kinders hê nie. Omdat die priesters die Here verlaat het om hulle toe te lê op
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle eet, maar sal nie versadig word nie; hulle hoereer, maar sal nie meer word nie. Omdat hulle die Here verlaat het om hulle toe te wy aan
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal eet, maar hulle sal honger bly, hulle sal by baie vroue slaap, maar hulle sal nie kinders kry nie. Hoekom? “Want hulle het opgehou om die Here te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al eet hulle hulle knuppeldik aan die vleis wat geoffer word, sal hulle nooit genoeg kry nie. Al slaap hulle by die vroue wat saam met hulle werk, sal hulle nooit kinders hê nie. Hulle het mos van die Here vergeet.