Hosea 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor die woord van die HERE, kinders van Israel, want die HERE het 'n twis met die inwoners van die land, omdat daar geen waarheid en geen barmhartigheid en geen kennis van God in die land is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Volk van Israel, luister na die woord van die Here! Die Here het ’n regsaak teen die inwoners van die land. Hy sê: “Daar is geen getrouheid, goedheid of ’n intieme verhouding met God in julle land nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. |
| Afrikaans 1983 | Israeliete, luister na die woord van die Here, want Hy kla die inwoners van die land aan: Omdat trou, liefde en toewyding aan die wil van God in die land ontbreek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister na die woord van die Here, Israeliete, want die Here het 'n regsaak teen die inwoners van die land: “Omdat daar geen betroubaarheid, geen troue liefde, en geen kennis van God in die land is nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Israeliete, julle moet luister na wat die Here sê. Die Here sê die mense wat in die land woon, doen verkeerd. Hulle doen nie wat hulle belowe het nie. Hulle is nie lief vir die Here nie, hulle wil nie naby Hom wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoor wat sê die Here oor Israel: “Die Here maak ’n hofsaak teen die mense wat in die land bly. Hy kla hulle aan dat daar niemand in die land is wat nog getrou is aan God en by Hom bly nie. Hulle ken nie meer die Here nie. |