Hosea 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal Ek teruggaan en my koring wegneem op sy tyd en my wyn op sy tyd, en my wol en my vlas wat gegee is om haar naaktheid te bedek, terugkry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal haar in die openbaar kaal uittrek terwyl haar minnaars toekyk. Nie een van hulle sal haar uit my hand kan red nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal dan nou haar skaamte ontbloot voor die oë van haar minnaars, en niemand sal haar uit my hand red nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan haar nou kaal uittrek voor die oë van haar minnaars. Nie een sal haar kan help nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarom gaan Ek haar skaamdele ontbloot voor die oë van haar minnaars, en niemand sal haar uit my hand wegruk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou sal Ek haar klere uittrek, en haar afgode sal sien sy is kaal, maar hulle sal haar nie kan red nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan haar kaal laat staan voor die mans met wie sy deurmekaar is, dat sy kan skaam kry. Niemand sal lus wees om weer iets met haar te doen te hê nie. |