Hosea 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want sy het nie geweet dat Ek vir haar koring en wyn en olie gegee het en haar silwer en goud vermeerder het wat hulle vir Baäl berei het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom sal Ek my koring en my wyn wat Ek elke oestyd vir haar gegee het, terugneem. Ek sal my wol en my vlas wegneem, dit wat Ek vir haar gegee het om daarmee haar naaktheid toe te maak.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal Ek my koring terugneem in die oestyd en my mos op die bepaalde tyd, en wegneem my wol en my vlas wat dien om haar naaktheid te bedek.
Afrikaans 1983 Daarom gaan Ek die koring en wyn wat sy by My kry, terughou in die oestyd. Ek gaan ook die wol en die vlas terugvat wat Ek haar gegee het om haar naaktheid te bedek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, Ek gaan weer my koring terugvat in die oestyd, my nuwe wyn in die feestyd. Ek gaan my wol en vlas, wat bedoel is om haar naaktheid te bedek, wegruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daarom sal Ek nou my koring en my wyn terugvat, daar sal nie koring wees om af te sny of druiwe om wyn te maak nie. Ek sal ook my wol en my vlas wegvat wat Ek vir haar gegee het om haar kaal lyf toe te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek gaan sorg dat daar nie koring is om te oes in die oestyd nie. Daar sal ook nie druiwe wees om te pluk nie. Ek gaan die wol en die materiaal terugvat wat Ek vir haar gegee het om vir haarself klere te maak.