Hosea 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die aarde sal die koring en die wyn en die olie hoor; en hulle sal Jisreël hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dan sal Ek Israel vir Myself plant. Ek sal ontferming betoon aan hulle wat Ek genoem het ‘Geen-ontferming’. En vir hulle wat Ek genoem het: ‘Nie-my-volk-nie’, sal Ek dan sê: ‘Julle is my volk.’ Dan sal hulle antwoord: ‘U is ons God!’”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rug ma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!
Afrikaans 1983 Ek sal my ontferm oor Sonder-ontferming en haar vrugbaar maak in die land. Ek sal vir Nie-my-volk-nie sê: “Jy is my volk,” en hy sal vir My sê: “My God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek gaan haar vir my in die land saai. Ek sal my ontferm oor Lo-Rugama, en vir Lo-Ammi sal Ek sê, ‘Jy is my volk,’ en hy sal sê, ‘my God.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense van Jisreël soos saad maak, Ek sal hulle op die aarde saai. Ek sal weer goed wees vir Nie-Weer-Goed-Wees-Nie. Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê: ‘Julle is my volk,’ en hulle sal sê: ‘U is ons God.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal jou terugvat Jisreël toe. Ek sal jou daar laat bly. Ek sal lief word vir Lo-Rugama vir wie Ek nie omgegee het nie. Ek sal vir Lo-Ammi wat nie aan My behoort nie, sê: ‘Nou is jy weer my volk.’ En hy sal vir My sê: ‘My God.’”