Hosea 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal die name van die Baäls uit haar mond wegneem, en hulle sal nie meer by hulle naam onthou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal Ek ’n ooreenkoms maak met die wilde diere en die voëls en die diere wat op die grond kruip, en Ek sal oorloë en al die oorlogswapens, swaard en boog, uit die land wegneem, alles sodat jy onbevrees in vrede en veiligheid kan lewe.
Afrikaans 1933/1953 Verder sluit Ek in die dag vir hulle 'n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus.
Afrikaans 1983 Dié dag sal Ek vir Israel 'n ooreenkoms sluit met die wilde diere, die voëls en alles wat op die grond kruip. Ek sal die wapens vernietig en 'n einde maak aan oorloë in die land sodat daar rus en vrede kan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek sal op daardie dag vir hulle 'n verbond sluit met die diere van die veld, die voëls van die hemel, en die diere wat op die grond kruip. Boog en swaard en oorlogstuig sal Ek in die land stukkend breek; Ek sal sorg dat hulle veilig gaan slaap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal Ek hulle help om 'n ooreenkoms te maak, 'n ooreenkoms tussen hulle en die diere en die voëls en al die klein diertjies wat op die grond kruip. Daar sal nie meer oorlog wees in die land nie, Ek sal hulle veilig laat woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan my volk teen die wilde diere beskerm. Ek gaan op daardie dag ’n ooreenkoms sluit met die wilde diere van die veld, met die roofvoëls in die lug en met die ongediertes op die grond om my mense te spaar. Ek sal die gevaar van die oorlog wegvat. Daar sal nie meer wapens wees om mee oorlog te maak nie. Hulle sal veilig in hulle land kan woon.