Hosea 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, Ek sal haar aanlok en haar na die woestyn bring en met haar gemaklik spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal daar haar wingerde aan haar teruggee. Dan sal die Akorvlakte verander in ’n deur van hoop. Daar sal sy weer Myne word soos lank gelede toe sy nog jonk was en Ek haar uit slawerny in Egipte bevry het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot 'n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer ons daar is, sal Ek weer vir haar wingerde gee, Ek sal die Akorlaagte 'n poort na 'n nuwe toekoms maak. Dan sal sy weer my liefde beantwoord soos toe sy jonk was, soos toe sy uit Egipte getrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal daarna haar wingerde vir haar teruggee, en die vallei van Agor as 'n poort van hoop. Daar sal sy antwoord soos in haar jong dae, soos in die tyd toe sy uit Egipteland opgetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal weer vir hulle wingerde gee, en hulle sal daar in die Akor-vallei wag om in die land in te gaan. Hulle sal daar weer praat soos in die tyd toe hulle 'n jong volk was, toe hulle uit Egipte gekom het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ons daar is, gaan Ek haar wingerde vir haar teruggee. Ek gaan die Akorlaagte verander. Daar waar sy hartseer was oor wat gebeur het, daar gaan Ek vir haar hoop gee vir die toekoms. Sy gaan weer vir My lief word soos vroeër toe sy nog jonk was. Dit gaan wees soos in die dae toe Ek haar uit Egipte gered het. |