Hosea 14:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is wys, en hy sal hierdie dinge verstaan? verstandig, en hy sal hulle ken? want die weë van die HERE is reg, en die regverdiges sal daarin wandel; maar die oortreders sal daarin val.
Afrikaans (NLV) 2011 “O Israel, bly weg van die afgode. Ek het jou verneder, maar sal jou nou weer versorg. Ek is soos ’n boom wat altyd groen is. Ek is die bron van jou vrugbaarheid.”
Afrikaans 1933/1953 Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos 'n groen sipres; uit My word jou vrug gevind. [ (Hosea 14:10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel! ]
Afrikaans 1983 Efraim, Ek wil niks te maak hê met afgodsbeelde nie. Ek het jou verneder, maar Ek sal jou weer onder my sorg neem. Ek is soos 'n groen sipres. Alles wat jy het, sal van My af kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Efraim, watter ooreenkoms is daar nog tussen My en die afgode? Ek is die Een wat hom antwoord, en Ek hou hom in die oog. Ek is soos 'n immergroen sipres – by My word jou vrugbaarheid gevind.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Efraim, Ek wil nie meer kyk na die beelde van julle afgode nie. Ek sal luister na julle gebed en Ek sal vir julle sorg. Ek is soos 'n sipresboom wat altyd groen blare het. Dit is Ek wat julle sal laat lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Efraim, jy het niks verder met afgode te make nie. Ek het jou klaar gestraf. Ek het jou nou weer teruggevat om vir jou te sorg. Ek is vir jou soos ’n boom wat altyd blare het en altyd vrugte dra. By My sal daar altyd vir jou vrugte wees.”