Hosea 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Efraim sal sê: Wat het ek nog met die afgode te doen? Ek het hom gehoor en hom opgemerk: Ek is soos 'n groen sipres. Van my is u vrugte gevind.
Afrikaans (NLV) 2011 My volk sal dan weer terugkeer na die veiligheid van hulle land. Hulle sal welig groei soos koring en uitspruit soos wingerde. Hulle sal so hoog aangeskrewe wees soos die wyn van die Libanon.
Afrikaans 1933/1953 Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die L¡banon.
Afrikaans 1983 Dié wat voorheen by die Libanon gewoon het, sal terugkom. Hulle sal weer koring verbou. Hulle sal welig groei soos 'n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié wat in sy skaduwee gewoon het, sal terugkeer; hulle sal koring verbou, en uitspruit soos 'n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal weer woon in die skaduwee van die Libanon-berg. Hulle sal groei soos koring, hulle sal druiwe dra soos 'n wingerdstok, en hulle wyn sal so goed wees soos die wyn van die Libanon-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal weer onder die skaduwee van my takke kom bly. Hulle sal vooruitgaan soos graan wat op die land staan en wieg in die wind. Hulle sal uitloop en groei soos wingerdranke. Hulle sal weer ’n goeie naam hê soos die beroemde naam van die Libanonwyn.