Hosea 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wat onder sy skaduwee woon, sal terugkeer; hulle sal lewendig word soos die koring en groei soos die wingerdstok; die geur daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy takke sal uitsprei soos die sierlike olyfboom, so geurig soos die plante van die Libanon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos die van 'n olyfboom en sy geur soos die L¡banon. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal geil groei. Hy sal so sterk wees soos 'n olyfboom en hy sal ruik soos die plante van Libanon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy lote sal uitsprei; sy prag sal wees soos dié van 'n olyfboom, en sy geur soos dié van die Libanon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle jong takkies sal groei en hulle sal so mooi word soos 'n olyfboom, en hulle sal so lekker ruik soos die bome op die Libanon-berg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy takke sal so welig uitgroei soos die takke van ’n mooi olyfboom. Hy sal so lekker ruik soos die plante teen die Libanonberg. |