Hosea 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy takke sal uitsprei, en sy prag sal wees soos die olyfboom en sy reuk soos die Líbanon.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal vir Israel wees soos verfrissende dou. Hy sal bloei soos ’n lelie. Hy sal diep in die aarde wortelskiet soos die seders van die Libanon.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos 'n lelie en sy wortels uitslaan soos die L¡banon.
Afrikaans 1983 sal Ek vir Israel wees soos die dou. Hy sal bloei soos 'n lelie en hy sal so vas staan soos die Libanon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal Ek vir Israel wees soos dou. Hy sal bloei soos 'n narsing, en wortels skiet soos die Libanon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir die Israeliete so goed wees soos die dou vir die veld. Hulle sal so mooi groei soos blomme, en hulle sal diep wortels hê soos die bome op die Libanon-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sal vir Israel wees soos die dou wat ’n lelie laat blom. Sy wortels sal hom so stewig anker soos die bome teen die Libanonberg geanker is.