Hosea 14:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal vir Israel wees soos dou; hy sal groei soos 'n lelie en sy wortels uitwerp soos die Líbanon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Dan sal Ek julle genees van julle ontrouheid; my liefde sal geen perke ken nie, want my woede is weg vir altyd! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê. Wanneer my toorn van hom afgewend is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê. Omdat my woede teen hom bedaar het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek sal hulle gesond maak sodat hulle nie weer sal weggaan van My nie. Ek sal baie lief wees vir hulle, Ek is nie meer kwaad vir hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek sal die siekte wat jy gehad het, gesond maak. Ek sal genesing bring. Jy sal nie weer wil wegloop van My af nie. Ek sal jou vreeslik liefhê. Ek sal glad nie meer vir jou kwaad wees nie. |