Hosea 14:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal hulle terugval genees, Ek sal hulle verniet liefhê, want my toorn is van hom afgewend.
Afrikaans (NLV) 2011 Assirië kan ons nie red nie, ook nie militêre optrede nie. Ons sal nooit weer die afgode wat ons gemaak het ‘ons god’ noem nie. Nee, by U alleen is daar deernis vir ’n weeskind.”
Afrikaans 1933/1953 Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.
Afrikaans 1983 Assirië hou vir ons niks goeds in nie. Ons sal ons nie meer op wapens verlaat nie. Ons sal ook nie meer vir ons eie handewerk sê: ‘Ons god’ nie. By U alleen is daar liefde vir 'n weeskind.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Assirië kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie, en ons sal nie meer ons handewerk ‘ons god’ noem nie; want net by U vind die vaderlose ontferming.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Assirië sal ons nie help nie, en ons wil nie weer oorlog maak nie. Ons sal nooit weer sê 'n beeld wat ons self gemaak het, is ons god nie. Ons is soos weeskinders, en ons weet dat U goed sal wees vir ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Assirië kan ons nie red nie. Ons kan nie op ons weermag en ons wapens vertrou nie. Ons kan nooit weer vir die gode wat ons met ons eie hande gemaak het, sê ‘My god’ nie. ’n Kind wat niemand het om vir hom te sorg nie, kan maar net by U die liefde en die versorging kry wat hy nodig het.”