Hosea 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Assur sal ons nie verlos nie; ons sal nie op perde ry nie, en oor die werk van ons hande sal ons nie meer sê: Julle is ons gode nie, want in U vind die wees barmhartigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Bely jou sondes en keer terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sondes en aanvaar ons in genade sodat ons weer ’n lofoffer aan U kan bring.
Afrikaans 1933/1953 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.
Afrikaans 1983 Bely julle sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom met julle woorde en keer terug na die Here. Sê vir Hom: “Vergewe ons sondeskuld volkome, aanvaar ons belydenis; ons wil met die vrug van ons lippe vergoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet terugkom na die Here toe, julle moet vir Hom sê: “Vergewe asseblief ons sonde en luister na wat ons vir U wil sê. Hierdie woorde is ons offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom na God toe en sê vir Hom dat jy verkeerd was. Kom terug na die Here toe. Bid tot die Here: “Vergeef ons tog al ons sonde. Ons is jammer daaroor. Aanvaar tog ons verskoning oor ons sonde. Ons belydenis is die offer wat ons bring om ons sake met U weer reg te stel.