Hosea 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem woorde saam en bekeer jou tot die HERE; sê vir Hom: Neem alle ongeregtigheid weg en neem ons genadiglik aan, sodat ons die kuite van ons lippe vergelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Keer terug na die Here jou God, o Israel, want jou sondes is jou ondergang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid. |
| Afrikaans 1983 | Keer terug na die Here jou God, Israel, want jy het geval deur jou sonde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Keer terug, Israel, na die Here jou God, want jy het deur jou sondeskuld gestruikel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Israel, julle moet terugkom na julle God die Here toe, want julle kry swaar. Dit is omdat julle sonde gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel, jy moet teruggaan na die Here jou God toe. Jou sonde het jou laat struikel. Dit het jou op die grond laat val. |